
Ivor Hobbs is die streeksbemarkingsbestuurder van die Suid-Afrikaanse nasionale bloeddiens. Foto: Skermskoot van ‘n onderhoud met Dagbreek.
Daar is geen plaasvervanger vir bloed nie en met die Paasnaweek om die draai kan een eenheid bloed tot drie mense lewens red. Die Paasnaweek in Suid-Afrika is berug vir die jaarlikse hoë padongeluksyfer en ’n mens dink maklik dis slagoffers van motorongelukke wat die bloed in dié tyd sal benodig. Daar is egter ʼn groot hoeveelheid kankerpasiënte wat ook op ʼn gereelde basis bloed en plaatjies benodig.
Ivor Hobbs, streeksbemarkingsbestuurder vir die Suid-Afrikaanse nasionale bloeddiens, en Zania Claassen, ʼn mamma van ʼn jong leukemie-lyer, het met Esté Meyer Jansen gepraat oor die noodsaaklikheid van bloedskenk.